Ter voorbereiding vir Graad 11; Eerste kwaartaal - Lewenswetenskappe moet die leerders geleer word van virusse. Deel gerus met my en ander onderwysers jou ondervind en materiaal. Hier volg inligting wat ek gedurende my lesing oor virusse met die leerders behandel het.
Mikrobes is baie divers; hulle sluit virusse, bakterieë, fungi en protiste (alge en protosoë) in. Hulle kom in groot getalle in feitlik alle omgewings op die aarde voor. Mikro-organismes kan patogenies (wat siekte veroorsaak) of nie-patogenies (skadeloos) wees. Mikrobe wat siektes veroorsaak, staan as patogene of kieme bekend. Kieme sluit dus virusse, bakteriee, sommige soorte protiste en fungi in.
Virusse is deel van lewe op aarde en infekteer diere, plante en selfs bakterieë. Dit is moeilik om hulle te klassifiseer daarom word hulle tans nie in een van die groot ryke geplaas nie. Dit is egter net so moeilik om hulle te bestudeer, aangesien hulle in lewende gasheermateriaal moet groei. Virusse is besonders klein; hulle kan net met 'n elektronmikroskoop gesien word. Die kop van 'n kopspeld kan ongeveer vyfhonderd miljoen verkouevirusse huisves! Hier is 'n video (vanaf youtube) wat ek tydens my les gebruik het om te wys hoe 'n virus die liggaam aanval.
Die klank van die video kan afgesit word om self te verduidelik wat besig is om te gebeur.
Virusse is nie werklik lewende organismes nie omdat hulle nie oor eienskappe van lewende organismes beskik nie (haal nie asem, eet, skei uit, groei en beweeg op eie nie). Wetenskaplikes debateer baie oor hierdie onderwerp.
Virusse is vaste intrasellulêre parasiete omdat hulle net binne die selle van lewende organismes kan oorleef. Hulle kan ook net binne-in lewende selle vermeerder, waar die virale nukleiënsuur hulself kopiër deur materiaal van die gasheersel te gebruik om nuwe virusse te vorm (hul het geen selorganelle of sitoplasma om vanself te repliseer nie).
Virusse word altyd met siektes verbind omdat die gasheersel beskadig of vernietig word wanneer die nuwe virusse die gasheerselle verlaat.Virusse kan lank dormant (rustend) in die organisme bly.
Eienskappe van virusse (opgesom):
- Ultramikroskopies en filtreerbaar.
- Het geen metabolisme, respiratoriese ensieme, organelle of sitoplasma nie.
- Het stringe DNS of RNS -nooit albei nie.
- vaste intrasellulêre parasiete.
- Altyd patogenies (kieme).
Virusse kom in verskillende vorms voor:
Poliëdries (veelvlakkig), bv. die adenovirus.
Helikoidaal (skroefvormig), bv. die tabakvirus.
Kompleks (bakteriofage), het 'n kop, skild en stertweefsel.
Prente kan vertoon word.
Die algemene bou van 'n virus:
Eenvoudige bou wat uit 'n sentrale deel van nukleiensuur, DNA of RNA bestaan (ander lewende organismes het beide). Die nukleiënsuur word dan deur 'n proteiënlaag of kapsied omring. By sommige virusse word die kapsied omhul met 'n laag lipiede (vet). Die omhulsel beskerm die virus teen die gasheer se kernensieme.
Die siklus van 'n aansteeklike siekte
Aansteeklike siektes wat van een gasheer na 'n ander kan versprei, word ook besmet oof oordraagbaar genoem. Elke oordraagbare siekte het 'n unieke siklus waarvolgens dit verloop wat sy oordrag en verspreiding bevorder.
Die replisering van menslike immuniteitsgebrekvirus (MIV):
- MIV heg aan die menslike sel. RNS, ensieme en transkripsie dring die sel binne.
- Die ensieme help om RNS in DNS te omskep, wat die selkern van die gasheersel binnedring.
- Die virus span die gasheersel se meganismes in om virus-proteiëne te vervaardig.
- Die virusproteiëne versamel om nuwe virusartikels te vorm en nadat dit vrygestel is, is die nuwe virus gereed om bykomende selle te infekteer.
Navorsingsprojek - die leerders moet duidelike instruksies hieroor gegee word. Leerders kan navorsing doen oor 'n spesifieke virale infeksie en dit dan aan die klas voordra of as geskrewe opdrag inhandig.
Onthou altyd die spesifieke doelwitte van Lewenswetenskap onderandere:
- Dat die leerders sal verstaan wat hulle geleer word; nie soos papegaaie nie, maar deur 'n verskeidenheid oefeninge sowel as om kennis en begrippe te toets soos wat hulle aangaan.
- Ontwikkel 'n nuuskierigheid om te wil weet hoe en hoekom sekere verandering plaasvind.
- Leerders moet die rol en toepassing van Lewenswetenskap in die alledaagse lewe verstaan.
Daar word van die leerders verwag om die gevolg en bestuur van verskillende siektes wat deur mikro-organismes veroorsaak word, te leer. Deel asseblief met my inligting oor een van die virale siektes wat jy in jou klas met die leerders behandel het.
Volgende onderwerp:
Klasifikasie, eienskappe en struktuur van mikro-organismes: Bakterieë
Baie dankie vir jou oulike blog! Ek het dit baie geniet en dit was heel interessant – ek sal dit goed kan gebruik in my toekomstige lesse.
AntwoordVee uitVir my Graad 11-groep het ek geleer: Vandag is MIV/VIGS een van die mees gevreesde virussiektes. Ons het in 1981 van die siekte bewus geword toe die dokters in die Verenigde State die eerste gevalle van VIGS in San Francisco en New York geïdentifiseer het. Tussen 1983 en 1985 het dit duidelik geword dat VIGS deur ’n virus genaamd die menslike immuniteitsgebrekvirus (M.I.V.) veroorsaak word. Wetenskaplikes het ontdek dat die virus in die mens se bloed en ander liggaamsvloeistowwe voorkom.
Ek het ook die verkil vir hulle duidelik gemaak, want hulle het dit glad nie verstaan nie: MIV is ’n stadige virus en het ’n lang inkubasietydperk wat jare kan duur. Gedurende die inkubasietydperk val die virus die T-limfosiete binne en vernietig dit. Die liggaam is goed in staat om genoeg T-limfosiete te maak om tred te hou met die verlies van T-limfosiete as gevolg van die virus-inval. Die tyd verloop en die virus repliseer vinnig en die T-limfosiete raak dan te min om dit te kan beveg en dan raak die immuunstelsel ondoeltreffend en kan nie meer funksioneer nie. Dit is dan wanneer die persoon met baie opportunistiese infeksies soos sekere kankers, longontsteking, tuberkulose ens. geïnfekteer word. DAN word daar gepraat dat die persoon VIGS het. Indien die persoon nie die nodige behandeling kry nie, sal hy uiteindelik sterf as gevolg van die opportunistiese infeksies wat die liggaam vernietig. In Graad 10 het ek vir my leerders geleer dat witbloedselle die liggaam teen mikro-organismes soos virusse en bakterieë wat die liggaam binneval, verdedig. Jou video het dit ook baie oulik gewys. Ek het dit ook so aan hulle verduidelik dat die MIV die witbloedselle (limfosiete), veral die T-limfosiete in die liggaam, aangeval het. Hulle het ook geleer dat die witbloedselle ’n baie belangrike deel van die immuunstelsel aktiveer en dat sonder T-limfosiete in die liggaam – sal die immuunstelsel ophou werk. In Graad 11 word hulle geleer dat MIV van een persoon na ’n ander oorgedra word deur ’n besmette persoon se liggaamsvloeistowwe: - MIV word deur onbeskermde seks met ’n besmette maat oorgedra. Dit kan gebeur wanneer liggaamsvloeistowwe soos semen, vaginale vloeistowwe of bloed van ’n besmette persoon in die liggaam van iemand wat nie besmet is nie, beland. - Om naalde te deel wat gebruik word om dwelms of ander middels in te spuit (insluitend naalde wat gebruik word om steroïede in te spuit). - Kinders kan met MIV besmet word as ’n besmette swanger vrou die virus na haar ongebore kind oordra. Die baba se risiko van infeksie kan verminder deur met ’n keisersnee gebore te word. - In die verlede is die virus ook deur bloedoortappings versprei. Na 30 jaar na die ontdekking van MIV/VIGS is wetenskaplikes steeds op soek na ’n geneesmiddel.
Behandeling en Bestuur van MIV/VIGS:
Sekere stappe kan gevolg word om te verhoed dat die siekte versprei, byvoorbeeld: - Die virus kan verhoed word deur beskermde seks te hê met net een seksmaat. Toetsing is nodig, want mense wat met die MIV besmet is, weet dalk nie dat hulle die virus het nie en kan ander mense besmet.
Antiretrovirale middels is ook al ontwikkel. Dit is medisyne wat gebruik word om siektes te behandel wat deur retrovirusse veroorsaak word – hoofsaaklik MIV. Hierdie middels kan nie die MIV-siekte genees nie, maar daar is baie voordele daaraan verbonde om dit te neem. Dit beskerm en herstel die immuunstelsel en dit beheer die voortplanting van die virus. Dus verbeter dit die persoon se gesondheid en kan die persoon langer lewe.
Ek hou van hierdie onderwerp – want die leerders vind dit geweldig interessant en wil altyd baie daarvan weet – so ek probeer soveel moontlik verskeie inligting oor MIV/VIGS kry om dit so interessant as moontlik vir hulle aan te bied met baie prente en video’s.
goeie middag aan elkeen ek het jou blog baie geniet ek het ook in die week virusse met my gr11 leerders behandel hier is van die dinge wat ek genruik het en ek glo hulle kan dit ook gebruik.
AntwoordVee uit1. die Bou
is submikroskopies klein (10-200nm)en bestaan uit twee dele die proteinomhulsel en die nukliensuur (RNA) in plant en (DNA) in dier. enige lewensfunksie is voortplanting- virusse tree eerder op soos 'n chemiese verbindings as 'n lewende organisme
2. Habitat
vurrisse kan slegs binne in 'n lewende sel voorkom bv. plant en diersel binne bakteriee
3. voeding
geen voeding, voorbeweging, gaswisseling, osmoregulering of uitskeiding nie
4. voortplanting
enigste lewensfunksie
vurrise kan net veermindugvudig in'lewende selle aangesien 'n virus geen selkern of ribosome besit nie.
proses: die virus dring die gasheer binne, stel sy eie nukleinsuur vry, die gasheer produseer die virus DNA/RNA i.p.v sy genetiese inligting wanneer die sel gevul is met virusse sterf die gasheer, die sel verbrokel en stel sodoende die virus vry, die infeksie versprei nou die nuwe gasheer selle
vigs staan vir Vervorwe Immunitieds Gebrek Sindroom
die patogeen wat die siekte veroorsaak is die menselike immunitietsgebrek sindroom.
vigs is nnie 'n siekte nie , slegs 'n toestand van verloogde immunitiet
die pasiet het geen weerstand teen allerdaagse infeksie nie.
Antibotika help ook nie omdat antibotika vir 'n bakteriee help en nie 'n virus nie
Ek dink dit was baie wys om hierdie blog te stig. Ek vind dat mense in vandag se tyd baie oningelig is oor siektes wat deur virusse veroorsaak word.
AntwoordVee uitOmdat leerders reeds is LO baie van MIV-VIGS leer het ek besluit om dit te behandel maar ook ander virussiektes te bespreek.
Hier handel 'n intligtingstuk oor hondsdolheid.
Hondsdolheid word veroorsak deur 'n RNS-virus. Diere wat besmet word kan moontlik ander diere byt en deur die speeksel die virus oordra na die ander dier.
Die woord hondsdolheid is afgelei van die Latynse woord vir kranksinnigheid, omdat dit die senuweestelsel van soogdiere aantas. Dit veroorsaak dat hulle mal en aggressief optree.
Hoe lyk die virus?
Die hondsdolheidvirus is 'n koeelvormige virus, wat oos die MIV, 'n RNS-kern in die middel het. Wanneer die persoon deur 'n besmette dier gebyt gebyt word,dring die virus die liggaam binne en beweeg met die senuweestelel op tot in die brein.
Voorkoms van hondsdolheid:
Die virus stel mense in gevaar, omdat hulle troeteldiere of plaasdiere dalk daarmee besmet kan word en hulle moontlik dan sal byt. Hondsdolheidinfeksies wat van hondebyte afkom,kom die meeste voor. 55 000 Mense sterf jaarliks aan die siekte, waarvan 20 daarvan jaarliks in Suid-Afrika is.
Voorkoming:
Hondsdolheid kan voorkom word deur die volgende te doen:
- Gereelde inenting van troeteldiere
- Die verwydering van dieredraers
- Inenting van mense
Simptome van hondsdolheid:
- 20-60 Dae na besmetting sal die persone moontlik begin kla van kopseer, keelseer en koors.
- Later kan die persone gedeeltelik verlam, verward, rusteloos, doodsbang word en sal hulle begin halusineer.
- Ander mag dalk aan stuiptrekkings ly en 'n groot hoeveelheid speeksel produseer, en dan in 'n koma gaan.
- Die persone wat gedeeltelik verlam word vind dit moeilik om te sluk en te drink, en word paniekerig wanneer hulle water wil drink. Dit word hidrofobie genoem.
Behandeling van Hondsdolheid:
Daar is egter geen effektiewe behandeling daarvoor die. Persone wat besmet is en dadelik dokter toe gaan se wonde kan met seperige water en ontsmettingsmiddels skoongemaak word. Die persoon sal ook 'n paar keer ingeent word, maar as die simptome reeds begin wys, is dit basies onmoontlik om die persoon te behandel, en te red.
Hondsdolheid is 'n ernstige siekte en daarom is dit 'n staatswet dat alle troeteldiere elke jaar daarteen ingeent word.
Wees altyd op die uitkyk vir diere wat vreemd optree, soos bv, wilde diere wat baie mak lyk, diere wat dronk lyk en skuim by hulle monde het.
Ek hoop die inset kan ander mense help om meer bewus te word van die ernstigheidsgraad van hondsdolheid.
How to bet on sports toto: 5 Ways to Make Lessons (Sportsbooks
AntwoordVee uitFor example, if you bet sporting100.com $100 on $100 on a sports event, it'll return your stake to The more money you've wagered on it, the more your winnings will be.